Friday, 14 December 2012

WYSE MANNE SE KRONE MET CONFETTI-SLAAI




WYSE MANNE SE KRONE MET CONFETTI-SLAAI - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
1 k bruinrys
¾ k wilderys
2 k water
2 k rooiwyn van Checkers Wines of the World
2 k hoenderaftreksel
1 e bruinsuiker
1 e tamatie puree
1 tamatie, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
knippie sout
knippie peper
knippie fyn kaneel
2 e Griekse jogurt
Confetti-slaai:
1 Engelse komkommer, saadjies verwyder en geskil
2 ferm tamaties, pitte verwyder en geskil
1 e wynasyn
1 e olyfolie
knippie sout
2 e pietersielie, fyngekap
grofgemaalde swartpeper na smaak

METODE
Meng en verhit alle bestanddele behalwe jogurt in kastrol. Kook oor matige hitte tot al dente, roer af en toe. Verwyder van stoof en roer jogurt by. Proe en geur met ekstra sout en peper indien nodig. Laat afkoel. Confetti-slaai: Sny komkommer en tamatie in klein blokkies. Meng met asyn, olie en sout. Skep rysmengsel in 200 ml-vorms of koppies en druk stewig vas. Keer uit op individuele borde. Skep confetti-slaai rondom. Strooi pietersielie en swartpeper oor.