Monday 3 December 2012
Grenadella-yskastert
Vir 4 -6
Jy benodig
•2 x 250 g geroomde maaskaas
•1 blikkie kondensmelk
•½ koppie suurlemoensap
•2 eetlepels suurlemoenskil
•1 klein sponskoek (of Tennis-beskuitjies)
•4 vars grenadellas of 1 blikkie grenadellapulp
Vir die grenadella-curd (opsioneel)
•4 eiergele
•2/3 koppie strooisuiker
•1 blikkie grenadellapulp (of 6 vars grenadellas)
•5 eetlepels botter (opsioneel)
•gerasperde skil van suurlemoen en sap (opsioneel)
Só maak jy
1.Indien gebruik – maak eers die grenadellawrongel (grenadellawrongel kan ook deur ’n bottel gekoopte lemon curd vervang word). Laat die pulp deur ’n sif loop en hou die pitte eenkant. Meng 2 eetlepels pitte in die gepreserveerde sap. Sorg dat daar ongeveer 100 ml se sap is – sit andersins ’n bietjie ekstra suurlemoensap by.
2.Klits die eiergele en suiker tot dik en liggeel. Plaas dit dan in ’n metaalbakkie wat jy bo-op ’n kastrol met water kan laat rus, saam met die res van die bestanddele. Verhit die water in die onderste kastrol en roer voortdurend die eiergeelmengsel vir 10 minute oor ’n lae hitte (anders kry jy roereier!) totdat dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Laat afkoel in die yskas.
3.Gaan nou voort met die yskastertresep. Klits die roomkaas tot glad. Meng die suurlemoensap met die kondensmelk en die suurlemoenskil. Sny die sponskoek in 1 cm-skywe indien gebruik.
4.Pak ’n laag koek (of Tennis-beskuitjies) onder in die bak en sprinkel grenadellasap of -pulp daaroor. Skep dan die maaskaasmengsel daarop. Pak nog ’n laag koek, grenadellasap en maaskaas daarop. Eindig met ’n laag grenadellawrongel, indien gebruik. Laat stol vir 1 uur en val weg.
Wenk
Vervang die grenadellawrongel deur ’n boks-vla (Ultramel) met grenadellasap en ’n skeut suurlemoen te geur en bo-op te skep.