Friday, 14 December 2012

FEESTELIKE NEUTGEBAK







FEESTELIKE NEUTGEBAK - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
2 e botter
2 knoffelhuisies, gekap
1 groot ui, gekap
50g dennepitte, liggies gerooster
75g haselneute, liggies gerooster
50g okkerneute, gemaal
50g kasjoeneute, gemaal
100g broodkrummels
1 eier, geklits
2 t vars tiemie, gekap
1 k groente-aftreksel
seesout
grofgemaalde swartpeper

METODE
Verhit oond tot 180 ˚C. Smeer middelslag-broodpannetjie en voer uit met waspapier. Verhit 2 eetlepels botter in pan, voeg uie en knoffel by, roer 5 minute tot uie sag is. Verwyder van stoof en plaas in mengbak. Kap dennepitte en haselneute fyn en roer by. Roer gemaalde neute by. Voeg broodkrummels, tiemie, eier en aftreksel by en meng. Geur met sout en peper en skep in broodpan. Maak bokant gelyk en bak in oond vir 30 minute. Sit voor met kersiesous