Monday, 19 November 2012

Vlierblom-en-sitroen-limonade





Vlierblom - die naam is byna so mooi soos dit lekker smaak.
(1 liter)
  • 80 ml vlierblom-stroop
  • 2 sitroengras-stingels, gekneus
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny
  • 400 ml appelsap
  • 600 ml sodawater
  • hand vol origanum-takkies
  • 200 g vars aarbeie
Voeg alles bymekaar en meng goed. Verdeel tussen glasbottels en verkoel tot yskoud. Pak in en geniet!
Wenk: As jy nie vlierblom-stroop kan kry nie, kook 250 ml suiker saam met 500 ml water. Geur met lemoenbloeisel-water.