Wednesday, 7 November 2012
Nastergal Konfyt
Nastergal is ? wilde struik wat van einde Januarie tot einde April pers bessies dra. Die bessies is bitter as jy dit vars eet, maar maak ‘n wonderlike konfyt. Dit is ? groente, familie van die tamatie, aartappel en patat, en maak deel uit van die oorkoepelende term, Afrika-blaargroente.
(Maak 2 koppies)
1 kg nastergal
750 g suiker
¼ k water
Verhit al die bestanddele saam totdat dit kook. Verminder dan die hitte en prut vir 20 minute. Kook dan voluit vir 10 minute. Skep in gesteriliseerde bottels