Sunday, 18 November 2012

mielie souffle

Christel Stephenson


(4 - 6 porsies)

50 ml botter
80 ml koekmeel
500 ml melk

3 ml neut, fyngerasper
200 g cheddarkaas, gerasper
1 x 340 g-blik pitmielies
sout en varsgemaalde swartpeper

5 eiers, geskei

slaai van jou keuse
Verhit oond tot 180 ˚C. Smelt botter in 'n middelslag-pot. Voeg meel by en roer met 'n draadklitser tot gemeng. Voeg melk op een slag by en klits goed tot alle klonte weg is. Hou aan klits oor hitte tot die sous begin verdik. Terwyl dit kook, klits vir sowat 5 minute of tot die sous blink en gaar is. Verwyder van hitte. Roer neut en kaas by tot gesmelt. Voeg mielies by en geur goed. Laat koel af. Roer eiergele by. Klits eierwitte met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Vou by witsous in. Gooi in 'n oondvaste bak met hoë kante en 'n volume van sowat 600 ml. Bak vir 25 - 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met slaai van jou keuse.