Tuesday, 6 November 2012

Mediterreense bottel




Hierdie resep is van Heleen Meyer, 'n oulike idee om te gebruik as 'n geskenk:

Sterilliseer ’n kleinerige, wyebek-glasfles. Pak ’n verskeidenheid stukkies feta-, Mozzarella- of Cheddarkaas met gemarineerde songedroogde tamaties, vars basiliekruidblare or enige ander kruie; olywe; ’n paar pepperkorrels; ’n reep suurlemoenskil pr ’n knoffelhuisie of twee in die fles en vul met olyfolie. Laat vir ’n dag of twee in die yskas en gebruik dan as slaaibestanddele, om koeskoes mee te geur, op toebroodjies, met pasta of sit dit voor met pangebraaide hoender of vis. (Die olie stol in die yskas, maar word vinnig weer loperig. Hou die bestanddele altyd met olie bedek.) Die olie is heerlik gegeur en ideaal om kos in te soteer, as slaaisous of geurmiddel.

Die volgende hoeveelhede pas goed in ’n glasfles van ongeveer 500 ml
2-3 skywe fetakaas, in blokkies gesny
2-3 skywe Mozzarellakaas, in blokkies gesny
2 heel knoffelhuisies
8-10 gemarineerde songedroogde tamaties
8-10 vars basiliekruidblare
2-3 takkies vars tiemie
10-12 olywe
6-8 swartpeperkorrels
1 dun reep suurlemoenskil (met ’n groenteskiller gemaak)
olyfolie om fles mee op te vul