Wednesday, 14 November 2012

Grondboontjie Botterkoekies




250 g botter
500 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml Black Cat gladde
grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeel, gesif
500 ml Jungle Oats
500 ml klapper

500 ml graanvlokkies

Voorverhit oond tot 180ºC.
1. Room botter en suiker saam.
2. Voeg geklitste eiers by.
3. Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.
4. Los koeksoda in melk op. Voeg geursel by.   Voeg by bottermengsel en meng goed.
5. Meng die res van die bestanddele en voeg by die grondboontjiebottermengsel. Meng.
6. Vorm balletjies so groot soos okkerneute.  Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en druk
effens plat met ’n vurk.
7. Bak 10-15 minute lank tot goudbruin en gaar.
8. Keer uit op ’n afkoelrak. Laat afkoel en berg in ’n lugdigte houer.

Lewer ongeveer 8 dosyn koekies