Was vars kruie en brandrissies en druk liggies droog. Plaas in gesteriliseerde glasbottels met lang nekke – dit help om die kruie of brandrissie met vloeistof bedek te hou. Vul bottel met olyfolie OF ‘n asyn van jou keuse. Asyne wat goed werk, is appelasyn, wit- of rooi-druiweasyn of ‘n wynasyn. Draai doppie op/of druk die kurk in en hou bottels 1-2 weke in ‘n koel, donker plek om die geure te laat ontwikkel. Die gegeurde olie of asyn is heerlik om in marinades, slaaisouse en bredies te gebruik. Die olie kan selfs net so oor ’n slaai gedrup word.
Geur olie met: ’n brandrissie, dun reep suurlemoenskil en ’n paar swartpeperkorrels OF vars takkies tiemie of origanum, knoffel, swartpeperkorrels en ’n lourierblaar.
Geur olie met: ’n brandrissie, dun reep suurlemoenskil en ’n paar swartpeperkorrels OF vars takkies tiemie of origanum, knoffel, swartpeperkorrels en ’n lourierblaar.
Wenk: druk met ’n speld twee klein gaatjies in die brandrissie, een in die punt en een net onder die stingel, dit help dat die brandrissie vol olie of word en onder in die bottel bly en nie aanmekaar opstyg nie.
Geur asyn met: Takkies vars tiemie, roosmaryn of origanum OF roosmaryn, knoffel en ‘n reep suurlemoenskil. Mosterdsaadjies is ook lekker daarin.
(Heleen Meyer)
Geur asyn met: Takkies vars tiemie, roosmaryn of origanum OF roosmaryn, knoffel en ‘n reep suurlemoenskil. Mosterdsaadjies is ook lekker daarin.
(Heleen Meyer)