Markdag plaatkoek
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 grade celcius en smeer ’n standaard-oondpan liggies met olie. Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng. Voeg die water, olie, asyn en vanieljegeursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Giet in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache. Lewer 24 porsies (Landbouweekblad)