Monday, 22 October 2012

Vrugtebrood




4 x 250 ml vrugtekoekmengsel
(verkieslik een wat al die vrugte asook kersies en neute bevat)
375 ml suiker
375 ml water
200 g botter
10 ml koeksoda
3 eiers, geklits
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml Jungle Oats
100 ml brandewyn of ’n mengsel van brandewyn en sjerrie

Voorverhit oond tot 150ºC.
1. Smeer en voer 2 broodpanne met waspapier uit en smeer weer.
2. Kook die vrugte, suiker, water en botter saam vir 5 minute. Verwyder van stoofplaat.
3. Voeg die koeksoda by en roer goed deur.
Laat afkoel.

4. Voeg die geklitste eiers by en meng.
5. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam; voeg Jungle Oats by.
6. Meng meelmengsel en vrugtemengsel.
7. Skep mengsel in panne.
8. Bak vir 75 minute.
9. Laat effens afkoel in die panne, keer uit en besprinkel met brandewyn of brandewyn en sjerrie.
10.Laat heeltemal afkoel en verpak dig tot benodig.

Lewer 2 vrugtebrode