Monday, 22 October 2012

PONDKOEK




JY BENODIG
1 k suiker
1 k sagte gesoute botter
4 eiers, geklits
1 k bruismeel
saadjies van 1 vanieljepeul
1 vars suurlemoen
METODEVoer bodem van 22cm veerpan met waspapier, smeer kante liggies. Room botter en suiker in mengbak. Voeg eiers by en meng goed. Meng meel en vanieljesaadjies by. Skep in veerpan. Bak in oond teen 180˚C vir 45 minute of tot goudbruin. Haal uit oond. Sny suurlemoen in helftes en druk sap onmiddelik uit oor koek.
Bedien met effens versoete mascarpone, gerasperde donkersjokolade, strooi met versiersuiker, bedek met vars vrugte of bedruip met sjampanje.

Die Nataniël Tafel