Monday 1 October 2012

Kerskoeke - Wenk

Kerstyd bak mens somtyds een groot kersfees vrugtekoek en soos die gaste kom kuier kry elkeen 'n stukkie van die koek.  Dis 'n heerlike tradisie, maar hoekom nie jou vriende en familie meer spesiaal laat voel nie?  Hier is 'n oulike wenk:

In stede van een groot koek bak, bak jy bv. vier kleiner koeke en versier elkeen individueel.  So, wanneer jou gaste nou kom kuier, haal jy elke keer 'n spesiale kersfees vrugtekoek uit die kas net vir hul kuiertjie.  Baie spesiaal.  Wie sou nou nie ge-eerd voel nie en jy gaan lyk soos die gasvrou van die jaar. 

Nog opsies:
1.  Onthou jy hoef nie vrugtekoek te bak nie.  Probeer gerus ook 'n Madeira of gewone sponskoek wat jy dan net spesiaal versier vir kersfees.  Kan handig te pas kom wanneer jy gaste kry wat nie hou van vrugtekoek nie.
2.  Nog 'n opsie is om kolewyntjies te bak en dit te versier vir kersfees, of klein individuele vrugtekoekies in kolewyntjie pannetjies vir elke gas.