Tuisgemaakte Gouestroop (Sarie se flatervrye resep)
6 x 250 ml suiker
750 ml (3k) koue water
15 ml (3t) kremetart
Meng suiker, die helfte van die water en kremetart in ‘n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin is, sowat 15 – 20 min.
Voeg res van die water stadig by. Verwyder van hitte en giet in gesteriliseerde flesse.