Friday 28 September 2012

Marie se Waterblommetjie Potjie


Waterblommetjies (Met komplimente van Marie by Stouthern Staying Struisbaai)

1 kg stowe skaapvleis (blad / skenkel)
1 kg waterblommetjies
2 uie gesny
1 huisie knoffel (of na smaak)
1 groot groen appel (gerasper)
500 gr aartappels (in blokke gesny)
200 ml witwyn
1 El worcestersous
2 pakkies (blokkies) lamsaftreksel
neutmuskaat, sout, swartpeper

1. Braai vleis bruin (of rooster in oond) saam met sout.
Voeg uie en knoffel by. (knoffel later dit verbruin gouer)
2. Voeg helfte van waterblommetjies by.
3. Voeg aftreksel en worcestersous by, asook bietjie water, soveel soos nodig. Die wyn kan ook nou of later bygevoeg word - dit help om die vleis sag te maak.
Stowe tot vleis sag en sappig is.
4. Voeg gerasperde appel by, asook die aartappels. (onthou die aartappels kook nie maklik sag in 'n suurmedium nie - dit kan apart gekook word en dan die laaste halfuur saam met die bredie prut.)
5. Voeg die res van die waterblommetjies, asook die neutmuskaat en peper by, en prut laaste halfuur saam met bredie.

Bedien met rys en pampoenkoekies. Geniet dit.