Friday 21 September 2012

Hettie se Kool Bygereg

Hettie Weideman
Hier is 'n heerlike gereg wat julle die naweek as bygereg by die braaivleis of as hoofgereg kan maak.

BESTANDELE: 1 Koolkop, 1kg Maalvleis, 1 Pakkie spek gesnipper, 1 Ui opgekap, 1 Groen, Geel en Rooi soetrissie opgekap, 1 Koppie blatjang, 1 Koppie braaivleissous, Sout en peper na smaak, Braaivleisspeserye, 2 Eetlepels knoffelbotter, 1 Koppie room, 2 Koppies gerasperde cheddarkaas

METODE: Sny die koolkop in 8 skywe soos mens 'n koek sal sny maar MOENIE deursny en van die stronk afsny nie. Meng nou al die bestandele behalwe die knoffelbotter, room en kaas en druk die mengsel tussen die skywe in. Geen water word bygevoeg nie, hy maak sy eie water. Plaas in swartboompot of oondbak wat jy kan toemaak. Bedruip nou met gesmelte knoffelbotter. Plaas op baie stadige kole of op stadige hitte in oond. Hy moet stadig "shimmer" Na ongeveer uur gooi room oor en laat weer vir so 10 min shimmer. Strooi kaas op en maak toe totdat kaas gesmelt het. As jy die gereg as bygereg saam met braaivleis maak laat dan die maalvleis weg. Lekker eet!!