Tuesday 28 August 2012

Wenke Brood

Wenke Brood:

- Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.

- As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond.

- Plaas ´n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

- Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.