Tuesday 28 August 2012

vinnigste manier om hoenderaftreksel te maak

Wat is die vinnigste manier om hoenderaftreksel te maak en hoe bêre ‘n mens dit?

Maak dit in ‘n drukkoker – dis vinnig en nie so morsig nie. Soteer eers ‘n groot ui in ‘n klein bietjie olie en voeg dan 1 kg hoendervlerkies (hulle het die meeste bene) en twee lourierblare by. Bedek dit met water en laat dit vir 45 minute op hoog in die drukkoker kook. Gooi dit dan deur ‘n sif en laat dit heeltemal afkoel sonder om dit te roer. Sodra dit afgekoel het, kan jy die lagie vet op die oppervlak afskep. Vries dit in hoeveelhede van 50 ml tot 100 ml in plastieksakkies of -bakkies sodat dit maklik is om te ontvries wanneer jy dit wil gebruik.