Wednesday, 22 August 2012

Patatsop met Marokkaanse speserye



Genoeg vir: 6

• 100 g botter
• 2 uie, gekap
• 10-15 ml Marokkaanse speseryvryfmengsel
• 700 g patat, geskil en in blokkies gesny
• 250 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
• 1 Granny Smith-appel, geskil, ontpit en in blokkies gesny
• 1 250 ml hoender- of groente-aftreksel
• 50 ml gekapte vars koljander
• suurlemoensap om te geur
• suurroom, om voor te sit (opsioneel)
1 Verhit die botter in ’n groot kastrol en soteer die uie vir ongeveer 10 minute oor ’n lae hitte tot dit sag is. Gooi die speserymengsel by en kook dit vir ’n paar minute.
2 Voeg die groente, appel en 150 ml van die aftreksel by. Bedek dit met ’n dubbele laag bakpapier en vou die rande teen die kante op. Sit die deksel op en laat dit vir 30 minute stoom – skud die kastrol elke nou en dan sodat die kos nie vassit nie.
3 Haal die papier af; die groente behoort nou sag te wees. Sit dit in ’n versapper saam met die koljander en maak dit fyn. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by as die mengsel te dik is.
4 Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die res van die aftreksel by. Roer goed en verhit dit weer. Geur na smaak met suurlemoensap asook sout en gemaalde swartpeper. Sit ’n skeppie suurroom in elke bakkie, as jy wil, en sit dit voor.