KOEK 500 ml koekmeel (2 kop) 250 ml strooisuiker (1 kop) knypie sout 10 ml bakpoeier (2 tl) 4 eiers - geskei 125 ml olie (½ kop) 125 ml warm water (½ kop)
2 x 110 g blikkies grenadellamoes - (220 g) 2,5 ml grenadella geursel (½ tl) 5 ml bakpoeier (1 tl)
Sif koekmeel, strooisuiker, sout en bakpoeier in groot mengbak. Klits eiergele tot liggeel. Voeg olie, water, grenadellamoes en geursel by eiergele en klits deur. Voeg eiergeelmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng. Klits eierwitte tot amper styf en sif bakpoeier bo oor. Klits verder tot styf. Vou eierwitte by beslag in. Voer twee koekpanne met 22 cm deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne. Bak koek vir 5 minute by 180 ° C. Draai hitte af en bak vir 30 minute by 160 ° C of tot toetspen skoon uitkom.
VERSIERSEL 500 g versiersuiker gesif (1 klein pakkie) 125 g sagte botter (¼ blok) ongeveer 60 ml warm water (4 el) 55 g grenadellamoes (4 el) 5 ml grenadella geursel (1 tl)
Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en geursel tot lig en romerig. Smeer versiersel tussen koeklae en ook bo op.
BOLAAG 55 g grenadellamoes (½ blikkie) 5 ml strooisuiker (1 tl) 2,5 mlmielieblom (½ tl) 5 ml water (1 tl)
Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut. Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel. Plaas weer terug in mikrogolf om te kook tot verdik. Laat eers bietjie afkoel en skep dan bo op koek.
1 groot koek.
KOEK
500 ml koekmeel (2 kop)
250 ml strooisuiker (1 kop)
knypie sout
10 ml bakpoeier (2 tl)
4 eiers - geskei
125 ml olie (½ kop)
125 ml warm water (½ kop)
2 x 110 g blikkies grenadellamoes - (220 g)
2,5 ml grenadella geursel (½ tl)
5 ml bakpoeier (1 tl)
Sif koekmeel, strooisuiker, sout en bakpoeier in groot mengbak.
Klits eiergele tot liggeel.
Voeg olie, water, grenadellamoes en geursel by eiergele en klits deur.
Voeg eiergeelmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng.
Klits eierwitte tot amper styf en sif bakpoeier bo oor.
Klits verder tot styf.
Vou eierwitte by beslag in.
Voer twee koekpanne met 22 cm deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne.
Bak koek vir 5 minute by 180 ° C.
Draai hitte af en bak vir 30 minute by 160 ° C of tot toetspen skoon uitkom.
VERSIERSEL
500 g versiersuiker gesif (1 klein pakkie)
125 g sagte botter (¼ blok)
ongeveer 60 ml warm water (4 el)
55 g grenadellamoes (4 el)
5 ml grenadella geursel (1 tl)
Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en geursel tot lig en romerig.
Smeer versiersel tussen koeklae en ook bo op.
BOLAAG
55 g grenadellamoes (½ blikkie)
5 ml strooisuiker (1 tl)
2,5 mlmielieblom (½ tl)
5 ml water (1 tl)
Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel.
Plaas weer terug in mikrogolf om te kook tot verdik.
Laat eers bietjie afkoel en skep dan bo op koek.