Friday 10 August 2012

Kondensmelkbeskuit


Leonie Scott het met ons hierdie resep gedeel:
 
Kondensmelkbeskuit (Blikke vol beskuit - Landbou.com)
2,5 kg koekmeelblom
20 ml sout
400 ml suiker
20 g (2 sakkies) kitsgis 
2 ekstra-groot eiers
1,5 liter louwarm water
250 g botter of margarien, gesmelt
1 blik (397 g) kondensmelk

Sif die meel en sout saam. Voeg die suiker en kitsgis by. Meng die eiers, lou water, margarien en kondensmelk en voeg by die droë bestanddele. Meng tot 'n deeg. Knie die deeg sowat 10 minute tot dit glad en elasties is. Plaas die deeg in 'n geoliede bak, bedek en laat 20 minute rys. Knie deeg af en rol in balletjies. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie 2-liter-broodpanne met olie. Pak die deegballetjies in die panne en bedek met 'n vel geoliede waspapier. Laat staan op 'n warm plek om te rys tot dubbel in volume (dit duur ongeveer 30 minute). Bak vir 30 minute tot uitgerys en goudbruin. Keer uit op 'n draadrak tot louwarm. Breek in stukke en laat heeltemal afkoel. Droog oornag in 'n lou-oond uit teen ongeveer 50 °C. Lewer ongeveer 200 stukke beskuit