Wednesday 8 August 2012

Koffie Varkchops



Michael Coetzee
 
1.5kg Varkchops (ek het ontbeende varknek gebruik)
Koekmeel gegeur met sout, swartpeper en speserye
Kookolie
2 Uie, in skywe gesny
30ml Botter
30ml Ricoffy
250ml Kookwater
250ml Asyn
150ml Gouestroop
10ml Bisto
Sout en peper

Rol die choppies lekker in die gegeurde koekmeel en bak dan in die olie tot goudbruin.

Pak die chops in ‘n oondskottel en laat staan terwyl jy gou die sous voorberei.

Braai die uie in die botter totdat dit lekker sag is. Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit tesame met die asyn, gouestroop en
Bisto (aangemaak met bietjie kouewater) by die uie. Geur met sout en peper. Indien die sous volgens jou te watering is, kan jy dit verdik
deur ‘n bietjie mielieblom in kouewater aan te maak en dit by die sous voeg.

Gooi nou die sousie oor die bruingebakte varkchops en bak die spulletjie teen 150 grade vir so 90 minute sonder om dit met iets te bedek.