Saturday 11 August 2012

Kerrieboontjies

Basiese Kerrie sous (Huisgenoot Wenresepte)
500 ml (2k) druiweasyn
1½ koppie suiker
½ koppie water
50 ml appelkooskonfyt (fyn)
4 t matige kerriepoeier
1 t fyn gemmer
1 t borrie
½ t fyn komyn (Jeera)
½ t fyn koljander
1 klein blikkie tamatie paste (65 g)
1 t sout
¼ k mielieblom

Meng al die bestandele, roer totdat suiker opgelos is en laat 5 min. lank goed kook.  Gebruik soos in die resep.  (Lewer ongeveer 600 ml sous.)

Vir Kerrieboontjies:
1x basiese kerriesous
1 kg groenbone
1 ui in ringe gesny
Sout
Berei basiese kerriesous.  Kook groenbone en ui saam met sout in ‘n bietjie water tot net sag.  Dreineer.  Verhit die kerriesous tot kookpunt.  Voeg groente by en laat net weer goed kook.  Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseel dadelik.  (Lewer ongeveer 2 liter slaai.)