Monday, 27 August 2012

Hergebruik speelkaarte

Wat maak jy met daardie ou pakke speelkaarte wat rondlê in die huis?  Ou speelkaarte kan hergebruik word.  Hier is 'n idee of twee:

1)  Gebruik die kaarte as "gift tags".  Jy kan die kaart alleen aan die pakkie vasmaak en met 'n swart koki die naam van die persoon op die agterkant van die kaart skryf, of jy kan 'n wit kaartjie in dieselfde vorm saam vas maak aan 'n lint.  Die speelkaart dien dus meer as dekor effek by die pakkie.  (As die hoeke beskadig is van al die speel, kan jy die "gift tags" in 'n vorm knip om so ontslae te raak van die beskadigde dele.)
2)  Plak 'n paar speelkaarte deurmekaar vas op 'n wit A4 papier/karton.  Lamineer en gebruik dit as plekmatjies by jou volgende tema partytjie of kaartspeel aandjie.  Jy kan by so 'n tema partytjie ook kaarte aanmekaar vasmaak aan vislyn en dit soos gordyne uit die dak laat hang.
3)  Gebruik die kaarte om ou houers te versier waarin jy goed stoor.  (Jy kan die kaarte daarop decoupage.)