Friday 31 August 2012

Groot woord - Hidrosoneer

Mens en so lees ek mens moet jou tuin Hidrosoneer.  Ek het nie 'n clue gehad waarvan hul praat nie.  Dit klink onmiddelik vir my of ek 'n klomp hidroliese goed moet instaleer of dalk 'n hele reeks pypies oral in die tuin.  Nee.........dit klink na baie werk en ek besluit onmiddelik dis nie vir my nie....maar so lees ek tog verder uit nuuskierigheid en vind uit my tuin is eintlik al lankal ge-hidrosoneer sonder dat ek eers daarvan geweet het.  Dalk is joune ook?

Hidrosoneer is eenvoudig.  Dit beteken net om die plante met dieselfde water vereistes bymekaar te plant.  So het ek 'n area wat min water nodig het want die plante is waterwys (verder van my huis gelee).  Die ander area het baie water nodig (naby my huis gelee vir maklik water gee).

Waterwise verduidelik Hidrosoneer as volg:
1)  Geendruppel sone - het selde water nodig.
2)  Eendruppel sone - benodig min water.
3)  Tweedruppel sone - Benodig middelmatig water.
4)  Driedruppel sone - Plante benodig baie water.

As jy die plante volgens hierdie groepe bymekaar plant, raak dit makliker in tye van waterbeperking om te weet waar jy moet water gee en waar jy bietjie kan spaarsamig werk.  Die plante sal ook floreer want almal wat bymekaar staan het dieselfde water behoeftes en word nie oorlaai of afgeskeep met water nie.

Klink vir my slim.