Tuesday 28 August 2012

Groenboontjies-, Tamatie- & Feta-slaai met mosterdsous

Naomi le Roux
2 blikke gesnyde groenboontjies, gedreineer
1 groot rooi tamatie, gekap
1 rooi ui, gekap
2 Clover Feta-skywe, in blokkies gesny

Slaaisous:
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml asyn of wit balsamiese asyn
5 ml brandmosterd
5 ml suiker.

# Roer die gedreineerde boontjies, gekapte tamatie, gekapte ui
en fetablokkies deur.
Meng die olyfolie, wit asyn, brandmosterd en suiker saam.
Bedien as n slaaisous saam met die groenboontjie-en-feta-slaai

Genoeg vir 6.