Thursday 16 August 2012




Elvis is vandag 35 jaar terug oorlede, kyk 'n bietjie wat was sy gunstelling broodjie:

•2 snye witbrood
•botter om brood te smeer
•grondboontjiebotter (ongeveer 2 eetlepels per broodjie)
•4 repies spek
•2 piesangs, fyngedruk met ’n vurk of in skywe gesny

Jy moet verkieslik ’n witbrood gebruik wat jy self sny. (Die snye van klaargesnyde brood is darem te dun!)

Rooster die spek weerskante tot lekker bros onder die oond se rooster-element. Smeer botter op die brood en skep die grondboontjiebotter op. Plaas die piesang bo-op en dan 4 stukke spek.

Maak toe en smeer die broodjie aan die buitekante met botter. Braai die broodjie weerskante tot goudbruin en bros in ’n pannetjie. (Onthou om nou nie die volgende dag op die skaal te klim nie - jy’t die bederf verdien.)