Wednesday 8 August 2012

Bakewell-tert




Aangesien die Olimpiese Spele in Engeland op die oomblik aangebied word, het ek na 'n paar resepte gaan kyk, geniet dit.

Bakewell-tert is 'n gewilde Engelse nagereg. Dit is oorspronklik van 'n dorpie met dieselfde naam. En hulle net so baie van vla oor hul poeding soos ons - dit staan nie sonder rede ook bekend as crème anglaise nie.

Vir hierdie tert benodig jy
170 g ryk broskorsdeeg en 'n 17,5 cm deursnee laagkoekpan.

Vulsel:
1 eetlepel aarbeikonfyt
1 eetlepel suurlemoenstremsel (gebruik Lemon Curd)
28 g botter
55 g strooisuiker
die gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
55 g fyngemaalde amandels
2 hoogvol eetlepels koekkrummels
1 eier, geklop

Rol jou verkoelde broskorsdeeg uit en voer die pan daarmee uit.
Smeer konfyt oor die deeg.
Smeer nou die stremsel oor.

Room die botter tot sag.
Voeg die suiker en skil by en klop tot lig.
Voeg die geklopte eier geleidelik by.
Roer die amandels, krummels en sap by.

Smeer die amandelmengsel oor die stremsel en bak vir ongeveer 45 minute by 190ºC tot die vulsel gestol en goudbruin is.