Thursday 19 July 2012

Wit peperment Driehoektert

Tersia Van Heerden
Hierdie driehoek tert verander die gewone een vinnig in iets anders en heel besonders. Bedien 8-10

1 k vars room, verkoel
I blikkie (397g) kondensmelk
½ k suurlemoensap
1 pakkie (200g) tennis beskuitjies
1 t pepermentgeursel
100 g wit sjokolade, gerasper
1 k donker sjokolade sous**

Klop room tot sagtepunt stadium. Meng die kondensmelk en suurlemoensap. Vou kondensmelk in room, voeg geursel en sjokolade by. Pak drie rye van vier koekies elk op 'n aluminiumfoelie. Skep die mengsel bo-op die middelste ry van die koekies op die foelie. Vou die koekies met die foelie na binne tot 'n driehoek. Maak dig toe. Verkoel oornag. Bedien 'n snytjie van die koek met 'n sjokolade sous, vars kruisement en 'n suiker versiering.
**Verhit ½ k room en smelt 125 g donker sjokolade in die room, verkoel.