Tuesday, 3 July 2012

wasgoedgel

Ek het verlede week 'n wonderlike resep gekry vir 'n wasgoedgel. Dis goedkoop, baie effektief en haal vetkolle soos niks uit.
Jy gebruik: 1 kp Sunlight Seep, gerasper en opgelos in 1 liter water
1 kp Wassoda, opgelos in 1 liter kookwater
8 liter sterk warm water.
Meng alles goed deur en laat afkoel. Roer tussendeur om, want 'n dikker gel vorm bo-op. Jy kan enige geur essentiële olie (so 2 ml) bygooi as jy nie hou van die reuk van Sunlightseep nie. Gebruik 1 koppie gel op 'n vol wasgoedbondel in jou wasmasjien.