Tuesday, 3 July 2012

Ment-en-swartpeperstroop




Smelt 125 ml bruinsuiker in 300 ml water oor matige hitte. Bring tot
kookpunt en voeg die sap en skil van 1 suurlemoen en 15 ml gemaalde
swartpeper by. Verwyder van die hitte, roer 50 ml lemoenlikeur by en
laat afkoel. Roer ’n groot hand vol mentblare by en skink oor tropiese
vrugteslaai met roomys.