Monday 23 July 2012

lemoenstroop


Hierdi heerlike lemoenstroop het hulle die week op Pasella gemaak.

(Maak omtrent 2L)

2,5 kg witsuiker
gerasperde skil van 8 lemoene
16 tot 18 lemoene se sap
1 e Engelse sout
1 e sitroensuur
2 e wynsteensuur

Los die suiker op in die lemoensap deur dit te roer. Jy kan dit effens verhit, maar dit kan moontlik van die vitamiene beskadig en is nie nodig nie. Roer die res van die bestanddele by. Syg deur ʼn doek of sif. Gooi in gesteriliseerde bottles en verseël.

Die stroop is ook lekker oor sponskoeke of selfs in skemerkelkies.