Thursday 19 July 2012

HOLLANDSE APPELTERT

Johan Niemann

Beslag

60 ml botter
250 ml strooisuiker
3 eiers
250 ml koekmeel 5 ml bakpoeier
knippie sout
65 ml melk
1 x 410 gram blik tertappels

STROOP180 ml suiker
65 ml botter
125 ml room of melk

VERSIERING
sprinkelneute of amandelvlokkies
vars of glanskersies

Voorverhit oond tot 160 grade C.\
Room die botter en suiker tot lig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Roer die meel, bakpoeier en sout om die beurt met die melk by.
Giet die beslag in 'n gesmeerde tertbord. Plaas die appels bo-op en bak vir 30 minute.

Meng die suiker botter en melk/room in a mikrogolf bestande hour en mikrogolf 5 - 10 minute totdat die stroop verdik. Roer van tyd tot tyd.
Giet oor gebakte appeltert wanneer dit uit die oond kom. Versier met neute of kersies.

VERSPOT MAKLIK EN HEERLIK