Monday, 23 July 2012

hoe maak mens papier van eierdosies?

Desire Pflugbeil

1. Week die dosies vir omtrent 3 uur in water.
2. Breek dosies so klein moontlik op.
3. Gooi saam met genoeg water in jou mixer-mincer-shredder. (Verkieslik 'n oue, ek het geen skade aan myne gely nie, maar ek weet nie hoe sterk is joune nie.)
4. Gooi die mengsel saam met nog water in 'n kom wat groot genoeg is vir jou om jou raam gemaklik in te dompel.
5. Jou raam moet oorgetrek wees met baie dun sifdraad.
6. Dompel nou die raam, sifdraad bo, in die water en skommel dit bietjie heen en weer sodat die papier gelyk in die water dryf. Lig die raam nou heeltemal horisontaal uit die water.
7. Jy sal sien daar le nou 'n laag papierpap op die sif.

8. Dop die raam, papierpap na onder, om op 'n perfek reguit lap. Die lap moet nie patrone he wat uitstaan nie, want dit sal op die papier wys. Ek het sommer daai dikkerige geel kombuislap gebruik. Sit nou nog 'n lap bo-op en herhaal met nog papierpap tot die pap op is.
9. Nou moet die stapel lap en papierpap droog gepers word. Jy kan dit doen deur op dit te staan, swaar klip daarop te sit ens ens ens. As jy 'n regte pers het, nog beter. Mens moet soveel moontlik water uitpers. Daarna haal jy die lappe met hul papierpap uitmekaar en le hulle penreguit om droog te word.
10. Wanneer hulle goed droog is, trek jy eenvoudig die papier van die lappe af.

Papiermaak is 'n groot werk maar kan baie pret ook wees. Jy kan sade of allerhande goed by die pap gooi as dit nog in die water is. Hoe meer water teenoor pap daar in jou kom is, hoe dunner kom jou papier.

 As jy die papier wil gebruik om op te skryf met ink, of om te verf, moet jy houtlym in die water meng. So ongeveer 3 E per 2 liter.

Cora Truter

Desire... ek maak ook soms papier maar as ek die raam omdop druk ek van agter met n spons ... ek sukkel soms om n groot papier van die gaas af te kry sonder dat dit "breek". Ek verstaan nie hoe jy die papierpap op die lap kry sonder om dit met iets aan die agterkant te druk nie. HElp asb.