Wednesday 25 July 2012

bakpanne vol roeskolle

GOEIE RAAD - Hoe gemaak as jou bakpanne vol roeskolle is en jy daarvan ontslae wil raak?
Besprinkel die roeskolle met skottelgoedwasser- of klerewaspoeier. Sny ’n rou aartappel middeldeur en skuur die kolle met die gesnyde kant. Spoel dit dan met koue water af en droog af. So nie kan jy kola-koeldrank op die roes gooi en dit oornag so laat staan.
(Idees)