Thursday, 21 June 2012

Vinnigste kerrie ooit

Hier is 'n vinnige kerrie resep wat heerlik smaak.  Anita se gouvrou kerrie (RSG):  Lekker min bestandele.


1 ui
8 tot 10 hoenderstukke, met vel en been
½ koppie water
½ fles Mango Atjaar
4 groot aartappels, geskil

Braai ui en hoenderstukke tot bruin.
Voeg die res by, en laat dit prut tot gaar.
Jy hoef nie eers sout en peper by te gooi nie, die atjaar bevat al die speserye en regte geure vir 'n outentieke kerrie!
Bedien saam met vars koljanderblare en Bulgaarse joghurt.