Friday, 22 June 2012

Lemoenkoek





3 eiers
1 k suiker
1 1/2 k koekmeel
1 1/2 t bakpoeier
sout
3 eetl botter
3/4 k melk

Klits die eiers en suiker goed saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en gooi by die eiermengsel. Smelt die botter en melk, laat effens afkoel en voeg by die beslag. Bak in `n voorverhitte oond by ongeveer 180°C. Bak tot gaar of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop:

1/2 k suiker
1 eetl botter
1/4 water
3/4 k lemoensap en skil

Kook alles saam en giet warm oor die warm geprikte koek.