Tuesday, 19 June 2012

Frikkadelle met 'n verskil!


Erna Conradie
4 tamaties
2uie
30ml.olyfolie
1¼kg gemaalde vleis( bees verkieslik)
½k.hawermout
½k lae vet melk
2 et. asyn (bruin)
1et. Worcestersous
1½t. sout
¼t. peper( swart)
½k water
2 et. tamatieroomsoppoeier.
Metode:
1)Tamaties en uie word in stukke gekap nadat dit geskil is.
2)Smoor dit nou in olyfolie tot sag.
3)Meng nou helfte van tamatie- en- uie-smoor met die gemaalde beesvleis,hawermout, meilk en bruin asyn,Worcestersous,sout en peper.
4)Vorm groot frikkadelle van die mengsel en plaas dit in 'n oondvaste bak.
5)Baie belangrik nou...meng die water en soppoeier en gooi dit oor die frikkadelle. Bedek die bak.
6)Bak in oond vir 1 uur by 180 ºC
7)Skep ( nadat dit gebak het vir 'n uur) die oorblywende tamatie-en-uie-smoor bo-oor. Bak die frikkadelle nou verder sonder om dit te bedek totdat dit bruin bo-op is. Geniet dit!