Tuesday, 29 May 2012

Yskaskaaskoek






Erna Conradie
Yskaskaaskoek
so maak jy die kors van die kaaskoek:
1 pakkie tennisbeskuitjies
100 g gesmelte margarine
Maak beskuitjies fyn en meng met gesmelte margarine. Druk van in tert bord en los in yskas.

Die vulsel benogig jy die vlg.:
1 blik kondensmelk
250 g maaskaas
75 ml suurlemoensap
1 teelepel vanielje
250 ml vars room( 200 ml sal ook doen)

Meng kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap en vanielje geursel
Voeg styf geklopte room by en meng liggies.
Gooi in tert bord, en laat goed koud word in die yskas.

Die koek kan jy versier met die vlg. kombinasie !
1 blikkie vrugte ...Youngberries, appelkosies , pere, aarbeie enige vrug wat jy verkies ....sal doen!
1 teelepel maizena
Verdeel vrugte en die sap
Rangskik vrugte bo-op die kaaskoek
Maak pasta met sap en maizena, en bring tot kookpunt totdat dik
Koel af en skep met lepel oor vrugte.
Plaas die kaaskoek in die yskas totdat lekker koud is....geniet dit!