Monday, 7 May 2012

soetsuurdeegbrood





Angelina se soetsuurdeegbrood - Boerekos

Bestanddele:


2 aartappels

afgekoelde kookwater (so warm soos jou hand)

3 E suiker

4 t sout

1 t koeksoda en

1 kg growwe meel

1 kg witbroodmeel

1 t sout

1 E gesmelte botter of vet

1 E gesmelte botter vir die smeer

Metode:

1. Vir sulke goudbruin soetsuurdeegbrode is die bereiding van die gis belangrik.

2. Sny die aartappels en bedek met die water.

3. Voeg hierby die suiker, sout en koeksoda. Roer om te meng.

4. Klits die growwemeel hierby en laat oornag staan om te gis.

5. Die volgende oggend, sit die witbroodmeel in ’n groot mengbak, gooi die sout en koeksoda by.

6. Meng ook die eetlepel botter by en genoeg soetsuurdeeg om ‘n lekker deeg te vorm.

7. Hou die die aartappelstukkies eers eenkant.

8. Laat staan dit om te rys vir ‘n paar uur.

9. Meng die aartappels met growwe meel (nutty wheat).

10. Na ‘n paar uur se gegis op ‘n warm plek, kan die deeg aangemaak word.

11. Die deeg word opgedeel en in die oondpanne gesit, waarin dit verder moet rys.  Dan gaan hulle oond toe.

12. Bak teen 190ºC vir 45 minute tot 1 uur.