Friday, 11 May 2012

Sjokoladerissie-mole-koek

Die kombinasie van sjokolade en rissie is nie ‘n nuwe een – die mense van Oaxaca en Puebla (Mexico) het al hierdie kombinasie vir dekades gebruik. Mole-sous kan uit tot 26 of meer bestandele bestaan en alhoewel 99% van die souse souterig is, was soet die inspirasie agter die koek.

(Maak 8)

1 k room
250 g donkersjokolade (met ten minste 72% kakao)
2 e gladde grondboontjiebotter
1 t fyn kaneel
1 t rissiepoeier

200 g botter
200 g suiker
4 eiers
200 g koekmeel
1 t bakpoeier

Maak eers die mole-sous: smelt room, sjokolade en grondboontjiebotter oor warm water. Voeg kaneel en rissiepoeier by en plaas eenkant. Klits die botter en suiker tot gladderig. Voeg eiers een vir een by. Sif die meel en bakpoeier by en meng. Giet die beslag in 8 koppies wat met botter gesmeer is tot halfpad vol en bak 7 minute by 180°C.

Plaas intussen die mole-sous in ‘n spuitsak. Spuit sowat ½ k van die mole-sous in die middel van elke nagereg en plaas 10 - 15 minute terug in die oond. Laat om bietjie af te koel voor bedien word