Friday 18 May 2012

Karamel en Rice krispies koekies

Dalene Brits
80g Botter of Margarien,
1 blik Caramel Treat,
750ml Rice Krispies,
100g rooi kersies,
250ml Rosyne,
100g amandel/ grondboontjies fyngemaal
Metode: Verhit die botter/margarien en karamel oor lae hitte tot gesmelt. Sodra gesmelt is, haal die kastrol van die plaat en voeg die res van die bestanddel e by. Roer baie goed. Skep in 'n vlak bak of in papiervormpies. eetbare cupcakes ens. Plaas in yskas tot gestol.