Hoender Snitzel
Michael Coetzee
Kom ons maak gou iets lekker en vinnig vir vanaand. Hoender Snitzel!
Neem die hoenderfillet en slaan saggies met 'n hammertjie tot plat.
Geur 2 geklitste eiers met sout, swartpaper en paprika.
Doop die hoender in die eier en dan in Kellogg's krummels en laat rus in die yskas vir 20 tot 30 minute.
Bak in medium hitte olie tot ligbruin.
Bedien saam met skyfies en "groenslaai"...