Friday, 11 May 2012

Fudgetruffels




25 ml room
25 ml margarien
25 ml stroop
5 ml likeur (bv Cape Velvet of vervang met room)

250 g versiersuiker
± 200 g sjokolade (wit, bruin of donker) vir die omhulsel

Verhit die room, margarien en stroop oor lae hitte totdat gesmelt. Verwyder van die hitte en meng die likeur by, meng die versiersuiker in 2 dele by (Gebruik ‘n houtlepel om deeglik te meng).

Bedek mengsel en plaas in die yskas totdat dit koud is om mee te werk, ± 30min. Vorm balletjies (knyp stukkies af en rol in jou hande), lewer ± 36 balletjies, plaas die balletjies op waspapier, bedek met kleefplastiek en plaas in yskas vir ± 30 min.

Smelt sjokolade vir omhulsel. Gebruik 2 vurke om truffelbinnestes te doop in die sjokolade. Laat die oortollige sjokolade afloop voordat jy die truffel weer op die waspapier plaas om droog te word. Plaas in die yskas om vinniger droog te word. Indien jy kakao oor die witsjokolade wil strooi moet jy dit doen voordat die sjokolade heeltemal droog word.