Boerekos op Kyknet
Bestanddele:
Gelyke dele droëboontjies en stampmielies, oornag geweek
1 kg beesskenkels
500 g gerookte varkrib
2 uie
3 ℓ water
sout en peper na smaak
‘n handjie vol pietersielie
Metode:
- Week gelyke dele droeë boontjies en stampmielies oornag.
- Braai die beesskenkels en die gerookte varkrib saam in die pan.
- Smoor die uie.
- Sit al die bestanddele saam in ‘n kastrol, bedek met kookwater en kook vir ‘n uur.
- Haal die skenkel uit die sop en bak in die oond.
- Voeg sout en ‘n handjie vol pietersielie by die sop.
- Bedien eers die sop en dan die vleis.