Tuesday 17 April 2012

Malvapoeding en Jan Ellis Poeding














Boerekos op Kyknet

Hoop van julle het Boerekos wat deur Dine van Zyl aangebied word, net so baie soos ek geniet.

Een van die geregte wat gemaak is, was 'n heerlike Malvapoeding, en hier leer ek iets by haar, 'n malvapoeding kry 'n bietjie brandewyn by die sous. Jan Ellis poeding en Malvapoeding is glad nie dieselfde soos almal dink nie. Hier is die resep vir hulle heerlike Malvapoeding.

Bestanddele:
1 eier
1 k meel
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
½ k melk
½ k room
1 k suiker
1 E appelkooskonfyt
1 E bruin druiweasyn

Metode:

1. Voeg al die droë bestanddele bymekaar. Hierby kom ‘n halfkoppie melk en ‘n halfkoppie room, 1 k suiker, 1 E appelkooskonfyt en 1 E bruin druiweasyn. 
(bak vir een uur in n oondvaste bak teen 180grade C)

2. Vir die sous begin ‘n mens deur ‘n 1½ k melk, ‘n ½ k suiker en ½ k botter saam te kook.

3. Onthou die sopie brandewyn en ‘n teelepel vanieljegeursel.

4. Gooi die warm sous oor sodra die poeding uit die oond kom.
Jan Ellis Poeding

Beslag

5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
30 ml appelkooskonfyt
25 ml sagte margarien
1 ml sout

Sous

250 ml water
250 ml room
250 ml botter
250 ml suiker
5 ml vanilla
Verhit oond tot 180 grade. Los die koeksoda op in die melk. Meng die res van die bestanddele vir die beslag saam en roer die melk by. Maak seker dat jy dit goed meng. Bak dit vir ongeveer 25 - 30 minute lank of totdat jou toetsstokkie skoon uitkom. Kook al die bestanddele vir die sous saam en giet dit oor die warm poeding. Bedien met lekker vla.