Friday 13 April 2012

Gebakte Mieliepapmuffins
























Dié heerlike muffins kan met smoor en wors ook as 'n hoofdis bedien word.
Saam met ’n lekker smoor en ‘n stukkie wors is dit ’n maaltyd op sy eie. Of laat dit die sousies van ‘n lekker potjie opsuig.
Jy benodig (vir 6)
• 2 koppies mieliemeel
• 4 koppies water
• 1 teelepel sout

• 3 eetlepels olyfolie of botter
• 2 eiers
• 2 hande vol kaas, gerasper
• 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
• 1 teelepel rooipeper
• 1 teelepel paprika
• 1 koppie heel mieliepitte
• 6 sondroogtamaties (resep op bl. 108), gekap
• 12 kersietamaties, gehalveer

Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 ºC.
2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
4 Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Dan gooi ek ook ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié.

(Resep uit Weg Tydskrif)