Tuesday 17 April 2012

Basiese mikrogolf-kolwyntjies

Vivian Kuhn Williams
 
240g koekmeel
100g suiker
15ml bakpoeier
3 ml sout
2 eiers geklits
125ml olie
125ml melk
 
METODE:
 
Sif droe bestanddele saam. Klits die eiers met olie en melk en voeg by die droe bestanddele.Meng totdat dit net klam word. Skep papier-kolwyntjievorms halfvol deeg en plaas in mikrogolf-kolwyntjiepan. Mikro volgens tabel hieronder. Die kolwyntjies is gaar wanneer n tandestokkie wat in die middel ingesteek is,skoon uitkom...6 kolwyntjies 3-5 minute .....3 kolwyntjies 2 minute.....hoop dit help......Mikrogolf Kookboek se resep