Wednesday, 7 March 2012
Seekos met room
1 Groot ui – opgekap
1 Groen en rooi rissie in repies gesny
'n Teelepel fyn knoffel
250g grof gekapte sampioene
Botter om in te braai
3 Teelepels peri-peri olie
400 tot 450g Seekos-mengsel
'n Proppie brandewyn
Paprika, wit peper, rooi peper en 'n knippie sout
150 ml room
Metode
Braai uie, rissies, knoffel en sampioene in botter tot gaar.
Skep dit uit en hou eenkant.
Braai in dieselfde pan die seekos-mengsel.
Gooi die water af en hou eenkant.
Gooi nog bietjie botter by en braai verder.
Voeg ‘n proppie brandewyn by en steek aan die brand.
Geur met paprika, wit en rooipeper en sout.
Voeg die uie-mengsel, room en bietjie van die water by en meng.
Laat dit prut vir twee minute.
Gooi vars gemaalde swart peper by.
Bedien op rys.