Tuesday, 21 February 2012

Suurlemoenvlatert

Erna Conradie

1 blikkie kondensmelk.
2 pakke tennisbeskuitjies
1/2 koppie suurlemoensap
5 koppies melk
5 eetlepels ( hoogvol) vlapoeier.( dit is die geheim...:-0)
5 eetlepels suiker
Metode:
1) Klop en roer suurlemoensap en kondensmelk totdat dit verdik.
2) Maak vla van die melk,suiker en vlapoeier
3) Pak eers 'n laag beskuitjies en dan 'n laag van die vlamengsel in 'n groot tertbak.
4) Pak weer 'n laag beskuitjies en dan 'n laag van die vlamengsel.
Gooi die suurlemoen kondensmelk mengsel bo-oor
Jy moet die tert 'n dag voor die tyd maak.....anders bly die beskuitjies droog!
Die tert kan versier word met rooi kersies, room of fyn beskuitkrummels.
Geniet dit!
Bestanddele: